Layout

Menu Style

Cpanel

Map

...

Map

 

WELKOM BY PRESIDENT KRUGER KINDERHUISE

President Kruger Kinderhuise is geregistreerde nie-winsgewende organisasies wat ons toespits op die versorging van kinders. Ons versorg kinders wat deur traumatiese lewensomstandighede is en skep vir hulle ‘n gesonde en standvastige tuiste waar hulle tot hulle volle potentiaal kan ontwikkel.
Ons het twee kinderhuise, een geleë in Pretoria, in Gauteng Provinsie, en die ander huis geleë in Reddersburg, in Vrystaat Provinsie. Ons kinders word by ons geplaas deur hofbevele waarvan 90% uit ‘n agtergrond kom van molestering, gesinsgeweld, armoede en verwaarlosing. Beide ons kinderhuise is geregistreer om 63 kinders elk te kan huisves en die ouderdomme van ons kinders wissel van 2 tot 18 jaar. Ons het ook ‘n nasorg program vir ons naskoolse kinders wat tersiêre opvoedkunde insluit asook plasing van kinders in ‘n geskikte werksomgewing.
                                
                                                    

Raak Betrokke

 

Wil jy betrokke raak om die toekoms van Suid-Afrika te help? Daar is vele maniere om betrokke te kan raak by ons kinderhuise hetsy dit op ‘n finansiële basis is of om slegs ‘n bietjie van jou persoonlike tyd af te staan. Jou betrokkenheid help ons om te verseker dat ons kinders tot hulle volle potentiaal ontwikkel.

Lees Meer

Voordele van `n Donasie

 

Ons is ‘n Seksie 21 maatskappy en kwalifiseer as ‘n Openbare Weldaadsorganisasie (PBO) dit maak ‘n belastingvoordeel moontlik vir die Kinderhuis se donateurs. Die Kinderhuis mag ‘n seksie 18A kwitansie (belastingsertifikaat) uitreik vir bona fide donasies, wat die gewer toelaat om sy/haar belasbare inkomste met tot 10% te verminder...

Lees Meer

You are here: